Duits-Kameroen


Contributors to Wikimedia projects

Article Images

Duits-Kameroen (Duits: Kamerun) was vanaf 1884 tot 1919 'n kolonie van die Duitse Keiserryk op die gebied van die huidige Kameroen en kleiner gebiede in Nigerië, Gaboen, Tsjad, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en die Republiek van Kongo.

██ Duitse kolonie ██ Brits-Kameroen na die Eerste Wêreldoorlog ██ Frans-Kameroen na die Eerste Wêreldoorlog ██ onafhanklike Kameroen sedert 1960

Duits-Kameroen het 'n bevolking van omstreeks 4,6 miljoen gehad en was daarmee een van die grootste Duitse kolonies. Die kolonie het aanvanklik 'n oppervlakte van 495 000 km² gehad, ná die anneksasie van Nieu-Kameroen in 1911 het dit 'n oppervlakte van 790 000 km² gehad en dit was daarmee omstreeks 1,3-keer groter as die Duitse Keiserryk.

Deur die Verdrag van Versailles van 1919 het Kameroen amptelik in die besit van die Volkebond gekom wat op sy beurt 'n mandaat oor die bestuur aan die Verenigde Koninkryk en Frankryk gegee het. Daarna is Kameroen in 'n Britse en 'n Franse deel verdeel. Sedert 1961 behoort albei tot die onafhanklike republiek van Kameroen.

  •     Voorgestelde vlag van Duits-Kameroen (nooit gebruik), 1914.

  •     Voorgestelde vlag van Duits-Kameroen (nooit gebruik), 1914.

  • Voorgestelde wapen van Duits-Kameroen (nooit gebruik), 1914.

  • Voorgestelde wapen van Duits-Kameroen (nooit gebruik), 1914.

  1. Die stad was tot 1907 as Kamerunstadt (Kameroenstad) bekend
  2. Bekend in Duits as Jaunde