Gebruikerbespreking:BurgertB - Wikipedia


1 mens in gesprek

Article Images
The Rosetta Barnstar
Omdat ek so vertaal en vertaal en vertaal :)
Archive
Argiewe:
Meesterredakteur III
(16 jaar, 68 000+)
Toegeken deur Aliwal2012

@BurgertB:, uit die Engels se Venera 13 die volgende sin: Venera 13 transmitted the first recording of actual sounds from another planet, including sounds of Venusian wind, the lander hitting the ground, pyrotechnic lens cap removal and its impact on regolith, and action of the regolith drilling apparatus. Die pyrotechnic lens cap removal hoe sien jy dit? Bedekking wat die lense teen hitte/vuur moes beskerm siende dat dit 485 °C daar was! Help en groete! Oesjaar (kontak) 19:48, 16 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord

Dit lyk vir my jy is nou rêrig met die maan gepla! Dankie vir reeks artikels en bywerkings oor die mane, ek persoonlik geniet dit verskriklik! Groete! Oesjaar (kontak) 07:51, 25 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord

Ja, ek het gesien baie van die artikels is verouderd (al voor my tyd gedoen). Dankie. ~ Burgert (kontak) 08:21, 25 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord
Uit die artikel: Saturnus se natuurlike satelliete, ek sukkel om te verstaan wat Semihoofas (km) is. Dit word groter soos die Wentelperiode groter word. Kan jy dalk help?Groete! Oesjaar (kontak) 08:53, 25 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord
Die regte Afrikaanse is eintlik halwe lengteas. Kyk by ellips. ~ Burgert (kontak) 09:14, 25 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord
Die afstand van waar na waar...? Oesjaar (kontak) 09:19, 25 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord
 
Ellips met die lengte- en breedteas aangedui
Die "lengteas" (major axis) is van die een punt van die lang as tot by die teenoorgestelde punt. Die "halwe lengteas" is die afstand van die middelpunt van die ellips tot by die een punt van die lang sy (a). ~ Burgert (kontak) 09:31, 25 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord
Miskien moet jy dit as 'n nota definieer... Oesjaar (kontak) 09:32, 25 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Ek hou baie van Spider-Man, Batman, Super-Man en Flash, hoewel hulle nie aan dieselfde universum (Marvel vs. DC) behoort nie. :D Kyk maar net of jy van die lokartikel hou. Voorspoedige nuwejaar met nog baie voorbladartikels wat ek sedert 2009 geniet. Aan die einde van die dag baat veral Afrikaans! Groete. --   SpesBona 20:34, 7 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Dit pas nou lekker by die Mongoolse Ryk. Groete. --   SpesBona 20:34, 28 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord

Geluk! Groete! Oesjaar (kontak) 20:37, 28 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord

Meneer, ek benodig hulp met vertaling. Die Weneras verwys hierna! Ai! Asb! Groete! Oesjaar (kontak) 19:39, 31 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord

'n Wentelbaan om Venus. ~ Burgert (kontak) 19:46, 31 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord
Ek bedoel doen die vertaling asb... Oesjaar (kontak) 19:51, 31 Januarie 2024 (UTC)Beantwoord
Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. --   SpesBona 22:02, 4 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord
Geluk mnr! Nog 'n uitstekende artikel! Groete! Oesjaar (kontak) 05:03, 5 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord
Dankie van my kant ook! 'n Uitstekende artikel! Groete,--  Aliwal2012 06:42, 5 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord

Mnr. soos belowe: almal is klaar sover as my kennis van die dinge strek! Die skakels by Venus is ook bygewerk, dit gee daai voorblad van jou net ongelooflike diepte! Kyk asb na Wenera 10, ek verstaan nie die rooi verwysing nie. Groete! Oesjaar (kontak) 19:58, 6 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord

En dit was 'n plesier! Groete! Oesjaar (kontak) 20:17, 6 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. --   SpesBona 20:33, 11 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord

Burgert. Hoe sou Operation Synytsia vertaal kan word? Операція (Russies: Синиця) beteken die voël Parus. Lyk my die Afrikaans kan "Mees" wees. Sou Operasie Mees werk? Sobaka (kontak) 08:24, 20 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord

Sobaka, ek sou dit amper soos die Engelse maak: Operasie Sinitsia (Oekraïens: Операція Синиця, "Operasie Mees") ... Dan sou ek verder van Operasie Sinitsia praat. ~ Burgert (kontak) 06:29, 21 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord
Dankie Burgert. Dit maak sin. Gaan dit so gebruik. Sobaka (kontak) 06:37, 21 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord

Goeiedag Burgert,

Kan ons asseblief versoek om die nodige veranderinge aan te bring op die blad https://af.wikipedia.org/wiki/Solidariteit. Baie van die inhoud is al verouderd en ons sal graag dit wil opdateer?

Byvoorbaat baie dankie.

Groete, Kayla-May MayKayQ (kontak) 07:26, 23 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord

@MayKayQ: die bladsy is beskerm sodat slegs "outomaties bevestigde gebruikers" dit kan wysig. Om 'n outomaties bevestigde gebruiker te word, moet jou rekening meer as vier dae oud wees en moes jy reeds meer as 10 wysigings aangebring het. Jy kan wysigings aanbring aan bladsye wat nie beskerm is nie. Vind 'n onderwerp waarin jy belang stel en maak proefleeswysigings en/of bring verwysings aan en jy sal vinnig 10 wysigings oorsteek. Sien en:Wikipedia:User_access_levels#Overview vir meer inligting. – Pynappel (kontak) 15:09, 25 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord
@Pynappel baie dankie, ek sal beslis na dit kyk. Kan ek moontlik groot asseblief vra of jy net die sleutelpersone se titels kan verander as volg: Flip Buys (Voorsitter) , Dirk Hermann (Uitvoerende hoof) , Steve Scott (president)
Baie dankie. MayKayQ (kontak) 14:01, 26 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord
@Pynappel ek sien nou ek kan die teks aanpas. Baie dankie. MayKayQ (kontak) 14:07, 26 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord

Dankie vir die taal versorging, ek waardeer dit. Die los en vas skryf... En ek vind ook dat die Engelse grammatika my beïnvloed wanneer ek vertaal. Gelukkig is jy daar! Het jy die tegniese aspek geniet? Groete! Oesjaar (kontak) 18:31, 25 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord

So-so. Ha-ha. ~ Burgert (kontak) 18:52, 25 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. --   SpesBona 20:34, 25 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord

Geluk mnr! Groete! Oesjaar (kontak) 20:48, 25 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord

Hallo @BurgertB

@Oesjaar wil graag vir die aktiewe gebruikers van die Afrikaanse Wikipedia t-hemde laat druk. Hy het my gevra om almal se hempmates te kry. Die onderstaande tabel is deur die drukkersmaatskappy voorsien. As jy net asb sal laat weet watter grootte reg sal wees.

S M L XL 2XL 3XL 4XL 5XL
½ Chest 50.8 53.3 55.8 58.4 63.5 66 68.5 71.1

Groete Woordgenoot (kontak) 10:34, 26 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord

Woordgenoot, 'n "large", dankie. ~ Burgert (kontak) 20:05, 26 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord
Reg so. Woordgenoot (kontak) 08:47, 27 Februarie 2024 (UTC)Beantwoord

Hallo @BurgertB:! Loer asb. na Kalender. Dit is geskep uit Wêreldspektrum, direk gekopieer met 'n OCR deur Maroela Media. Ek het gister al hulle bogger-ops reggemaak, ek beskik oor 'n stel van die boeke asook skakels geskep. Dink jy ons kan dit aanbeveel as 'n voorblad artikel, dit is groter as 30 k? Tweedens, sien jy kans om Sideriese Tyd te vertaal? Ek gaan twee satellite skep waarna verwys word in Geostasionêre wentelbaan. Groete! Oesjaar (kontak) 07:37, 1 Maart 2024 (UTC)Beantwoord

@Oesjaar: Die artikel is vir my vreeslik ingewikkeld en deurmekaar, maar ek veronderstel die feite is korrek as dit uit Wêreldspektrum uit kom. ~ Burgert (kontak) 20:12, 5 Maart 2024 (UTC)Beantwoord
Ek weet hoekom, die dametjie van Maroela Media het net die Wêreldspektrum artikel by die toe bestaande artikel in geplak sonder enige beplanning of iets. Dankie dat jy gekyk het. Groete! Oesjaar (kontak) 20:17, 5 Maart 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. --   SpesBona 20:34, 10 Maart 2024 (UTC)Beantwoord

Weereens geluk Burgert! Groete! Oesjaar (kontak) 20:44, 10 Maart 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. --   SpesBona 20:34, 17 Maart 2024 (UTC)Beantwoord

Weereens geluk! Groete! Oesjaar (kontak) 20:36, 17 Maart 2024 (UTC)Beantwoord

Jou artikel oor GBS word gereeld en al hoe meer gelees. Was dus die moeite werd om te skryf. Dankie. JMK (kontak) 07:55, 26 Maart 2024 (UTC)Beantwoord

Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. 'n Geseënde Paasfees! Groete. --   SpesBona 19:34, 31 Maart 2024 (UTC)Beantwoord
Geluk met nog 'n meesterstuk! Dankie en groete! Oesjaar (kontak) 19:53, 31 Maart 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Ek hoop maar dit pas goed by "Kuns en samelewing" op Wikipedia:Voorbladartikel, aangesien daar nie 'n afdeling "kuns en kultuur" is nie. Groete. --   SpesBona 20:34, 19 April 2024 (UTC)Beantwoord

@BurgertB:, ek het amper vergeet van hierdie artikel: Wikipedia:Lugvaartterme. Myns insiens moet ons dit skuif na Lugvaartterme. Stem jy saam? Siende dat net ek en jy werklik tegniese artikels skep, loer maar asb en kyk vir verkeerde woorde, nog skakels en ook terme wat ons nog moet byvoeg. Ek gaan Veranderbare steekhoekskroef vertaal uit Engels. Groete! Oesjaar (kontak) 10:37, 29 April 2024 (UTC)Beantwoord

@Oesjaar: Ja, ek dink Lugvaartterme is goed genoeg. ~ Burgert (kontak) 15:35, 29 April 2024 (UTC)Beantwoord

Ek dink dat dit net salpeterigsuur is in Afrikaans. Ek weet nie waar Wyatt die naam nitroësuur vandaan het. Jcwf (kontak) 10:33, 2 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Dit kom in die Chemiewoordeboek voor. Maar salpeterigsuur is heelwat algemener. ~ Burgert (kontak) 10:50, 2 Mei 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. --   SpesBona 19:34, 5 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

@BurgertB:, die laaste keer dat ek jou pla oor die vertaling, wat is jou persoonlike keuse van die twee? Ek sluk swaar aan reëlbare. Groete! Oesjaar (kontak) 17:25, 9 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Ek hou meer van verstelbare steekhoekskroef. ~ Burgert (kontak) 15:06, 11 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Uit die een skets: Cutaway konstante snelheid skroef naaf. Wat sal Cutaway in Afrikaans wees? Groete. Oesjaar (kontak) 05:57, 13 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Weggesnyde konstantespoedskroefnaaf.
LW: Die term snelheid word gewoonlik gebruik waar die spoed meetbaar is. By hierdie skroefnaaf is spoed meer toepaslik, aangesien dit nie juis meetbaar is nie. Baie groete!
  Aliwal2012 19:55, 19 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

@BurgertB:, die vliegtuig dinge hou my aan die raai... Sien Oleo strut. Wat sal dit in Afrikaans wees? Oleostut? Groete! Oesjaar (kontak) 16:36, 19 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Oleostut, ja. ~ Burgert (kontak) 16:18, 20 Mei 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. --   SpesBona 19:34, 19 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Baie geluk Burgert met dié nuwe voorbladartikel. Groete,   Aliwal2012 19:46, 19 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Geluk met nog 'n uitstekende voorblad artikel! Groete! Oesjaar (kontak) 06:05, 20 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

@BurgertB:: wat is die korrekte manier om artikels soos United States Army Air Corps te hanteer? Moet dit so bly of na Afrikaans vertaal word as die Verenigde State Leër Lugkorps met die Engels as 'n aanstuur? Groete! Oesjaar (kontak) 19:38, 21 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Ek sou dit vertaal as die Amerikaanse Leërlugkorps. ~ Burgert (kontak) 06:55, 22 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Jy was maar stil die afgelope paar weke. Hoop die varkgriep het jou gemis! Ek wil nou sommer al die Amerikaanse Lugmag dinge uitsorteer, seker maar vir die nageslag... Wat sal jy die United States Army Air Service en die United States Army Air Forces in Afrikaans noem? Groete!Oesjaar (kontak) 17:24, 7 Junie 2024 (UTC)Beantwoord
Ek sou sê Amerikaanse Leërlugdiens en Amerikaanse Leërlugkragte. (Laasgenoemde raai ek; vir air forces kry ek lugstrydkragte.) Ja, dankie, ek is varkgrieploos. ~ Burgert (kontak) 20:55, 8 Junie 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Is jy ook lus om Koninkryk Israel uit Duits te vertaal? Groete. --   SpesBona 19:34, 16 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Weereens geluk Meneer! Groete! Oesjaar (kontak) 19:39, 16 Junie 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. --   SpesBona 19:34, 23 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Gelu van my kant ook. Ek het jou vanoggend geluk gewens op Radio Overvaal met hierdie voorblad van jou tydens my weeklikse onderhoud. Groete! Oesjaar (kontak) 19:16, 25 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

Kan mens die naam van die medalje vertaal? Groete! Oesjaar (kontak) 19:14, 25 Junie 2024 (UTC) Ek sal dit so los. ~ Burgert (kontak) 11:53, 26 Junie 2024 (UTC)Beantwoord

...en wat doen ek met: Presidential Unit Citation (United States)? Ai! Groete! Oesjaar (kontak) 19:33, 25 Junie 2024 (UTC) Is dit 'n medalje? ~ Burgert (kontak) 11:53, 26 Junie 2024 (UTC)Beantwoord
.... Nee, dit is 'n balkie, daai wat hulle op hul bors dra. Groete! Oesjaar (kontak) 19:23, 26 Junie 2024 (UTC)Beantwoord
...Ek sal moet raai: Presidensiële eenheid: onderskeiding of eervolle vermelding (Verenigde State). Anders kan jy dit in Engels los. ~ Burgert (kontak) 19:51, 26 Junie 2024 (UTC)Beantwoord
..en terwyl ek jou aandag het! Die vertaling van Consolidated B-24 Liberator is tans taai. Ek sukkel met die Amerikaanse Engels en die outeur was blykbaar vas van plan om die wêreldrekord te breek vir lang sinne! Hoe sal jy The B-24 advanced the use of electronic warfare and equipped Search Bomber (SB), Low Altitude (LAB) and Radar Counter Measure (RCM) squadrons in addition to high-altitude bombing. vertaal? Nog groete! Oesjaar (kontak) 05:59, 26 Junie 2024 (UTC)Beantwoord
Ek ken nie die konteks nie, maar ek hoop die volgende maak sin: Die B-24 het die gebruik van elektroniese oorlogvoering en toegeruste Search Bomber- (SB-), Low Altitude- (LAB-) en Radar Counter Measure- (RCM-)eskaders bevorder, asook bomwerping op 'n hoë hoogte. ~ Burgert (kontak) 11:53, 26 Junie 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. --   SpesBona 19:34, 30 Junie 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Sedert my vroegste kinderdae geniet ek van sý rolprente soos Jurassic Park. :) Groete. --   SpesBona 18:34, 14 Julie 2024 (UTC)Beantwoord

Geluk Burgert! Goed gedoen! Groete! Oesjaar (kontak) 19:04, 14 Julie 2024 (UTC)Beantwoord

@BurgertB:, wat sal jy die vliegtuig in Afrikaans noem: https://en.wikipedia.org/wiki/Assembly_ship Groete! Oesjaar (kontak) 18:14, 20 Julie 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. --   SpesBona 19:32, 4 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

This is required to make the template translatable via CTX.[1] It does not make the template display English text. It is simple JSON code. If your at Wikimania would be happy to explain further how it works. Doc James (talk · contribs · email) 14:36, 7 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

It is already in Afrikaans in the Afrikaans template. Why should it be translatable? It just gives people the opportunity to mess it up, IMHO. ~ Burgert (kontak) 15:06, 7 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
No there is no templatedata here. You can read about what this is here.[2]
Without it one cannot translate English infobox disease to Afrikaans using Content Translation. It does not result in an English infobox. I have worked on this in more than 100 languages. Doc James (talk · contribs · email) 15:43, 7 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
Do you ever use Content Translation to translate? Doc James (talk · contribs · email) 08:04, 8 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
No. ~ Burgert (kontak) 18:42, 8 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
Do you know about the Content Translation tool? And are you okay with other people who speak AF using it? Doc James (talk · contribs · email) 06:05, 9 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
@Doc James:, we know about the content translation tool. Most of us do not need it as we are fully bilingual (Afr./En.) and translate articles as we read the English version. The tool is very inaccurate with technical terms in Afrikaans. Oesjaar (kontak) 06:17, 9 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
The tool is mainly helpful to manage references and templates for new editors. Ie it decreases the technical expertise required. The machine translation component is not accurate and some languages have turned it off. We are looking at the ability to have machine translation available only to those with a specific flag.
We have recruited a number of professional translators, who struggle with Wikimedia markup. Best Doc James (talk · contribs · email) 06:41, 9 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
We are taking over Burgert's talkpage, one last question: how far are we off when a couple of people can translate all articles into the various languages making the need for local users zero? To me the fun is in translating and thinking at the end WOW, I have done it! Regards! Oesjaar (kontak) 09:42, 9 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
We are talking about translators who would join the local community. No one is proposing that a couple of people could translate all articles, hope is that we could find translators who will create a few dozen. Doc James (talk · contribs · email) 03:44, 10 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
And additionally we only accept translators who are native speakers… Doc James (talk · contribs · email) 03:46, 10 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
Was hoping to recruit some of the docs i work with… but need to get the tools working first. Doc James (talk · contribs · email) 07:07, 11 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Jy sal nooit die dag vergeet waarop kaptein Jack Sparrow 'n voorbladartikel geword het nie! :D Groete. --   SpesBona 19:34, 18 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord


Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. --   SpesBona 19:34, 15 September 2024 (UTC)Beantwoord

Goeienaand Burgert, onthou jy nog die een potgooi, waarin @Oesjaar: jou gevra het om 'n reeks artikels oor Franse konings te doen soos jy met hulle Engelse eweknieë gedoen het? Ek het gister gapings in Frankryk se geskiedenis gevul en dus die direkte vergelyking tussen Engelse en Franse konings gesien. Net jy is in staat om oor hierdie belangrike monarge goeie artikels te skryf. Aan die einde van die dag is van hulle ook verantwoordelik vir die talle Hugenote wat na Suid-Afrika moes vlug. Het jy dalk tyd? Groete. --   SpesBona 20:55, 17 September 2024 (UTC)Beantwoord

Ja, ek het verwys na onder andere die Koning Louis's! Groete! Oesjaar (kontak) 05:48, 18 September 2024 (UTC)Beantwoord

@BurgertB:, help asb! Korrekte spelling ampère? Indien wel, moet ons dan die artikel se naam ook verander? Groete! Oesjaar (kontak) 10:18, 23 September 2024 (UTC)Beantwoord

Ja en ja. ~ Burgert (kontak) 10:25, 23 September 2024 (UTC)Beantwoord

@BurgertB:, indien jy toegang na tegniese woordeboek het, wat sal die twee hierbo in Afrikaans wees? Ek het die goed in 1984 gestudeer, die geheue wil nie meer nie! Groete! Oesjaar (kontak) 20:12, 26 September 2024 (UTC)Beantwoord

Ek kry dit net in Pharos. Hulle gee afvlakkring en rimpelspanning. ~ Burgert (kontak) 07:48, 28 September 2024 (UTC)Beantwoord

Hallo Burgert! Kan ek maar jou argief vir 2024 aanlê? Lyk my mooi vol! Groete,   Aliwal2012 09:25, 28 September 2024 (UTC)Beantwoord

Dis oukei, dankie, ek doen dit aan die einde van die jaar. ~ Burgert (kontak) 10:34, 28 September 2024 (UTC)Beantwoord

Ek sien jy het my wysiging aan Helios teruggerol. Ek weet jy is nou al bietjie dik vir my, maar daai is 'n prioriteit 1-fout wat reggemaak moet word. Vir details sien https://checkwiki.toolforge.org/cgi-bin/checkwiki.cgi?project=afwiki&view=only&id=10. Groete. Frank (kontak) 06:31, 3 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord

Wie se prioriteit 1 is dit? Joune?
Kyk gerus na die skakel, dis 'n P1 vir die Wikipedia-projek en is ook tog duidelik verkeerd. Hoop dit help. Groete. Frank (kontak) 09:39, 3 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord